icon-newsletter

Vrugbaar

 

Toe God vir Abram en Sara geseën het met ‘n babatjie, het God ook ‘n nuwe karakter naam van Homself geopenbaar. “Toe Abram 99 jaar oud was, het die Here weer aan hom verskyn en gesê: Genesis 17: “Ek is God die Almagtige. Lewe in my teenwoordigheid en wees opreg. Ek sal my verbond met jou maak en jy sal ’n groot nasie word.” 

Reg deur die Bybel is daar ‘n verband tussen die naam El Shaddai en vrugbaarheid. God vermeerder dit wat ons reeds net uit Sy voorsiening kan doen. In Genesis 28 sê Abraham ook vir sy seun: “Mag El Shaddai jou seën en jou vrugbaar maak.” 

In hoofstuk 35 sê God weer vir Jakob: “Ek is God die Almagtige. Wees vrugbaar en word ’n groot nasie. Baie nasies sal uit jou voortkom. Daar sal selfs konings onder hulle wees.”

God wil ook in ons die vrug van die Gees produseer. In Galasiërs 5:22 lees ons dinge soos liefde, blydskap, vrede ensovoorts. Groei daardie eienskappe in jou lewe? Vra die Almagtige God El Shaddai om om die vrug van Sy Gees in jou te ontwikkel en vrugbaar te maak.

Seëngroete van ROHSA