icon-newsletter

Kursusse

Vrou… deur God geskep,  is ‘n studie om God se unieke plan met vrouwees te ontdek – sy plan wat soveel anders as die van die wêreld lyk. Die videoreeks van 15 sessies, met ‘n gepaardgaande handleiding, delf dieper in die Woord om te ontdek hoe God ons as vrou geskep het en hoe Hy unieke eienskappe van Homself in ons ingeweef het, sodat ons sy beeld waarlik hier op aarde kan uitdra. Die handleiding bevat inligting, uitdagende persoonlike- en groepbesprekingsvrae en nuttige hulpbronne om die studie werklik sinvol en prakties te maak.

Hierdie studie is ideaal vir Bybelstudiegroepe, enige vrouekleingroepe of vrouebedieninge in gemeentes. Die handleiding, met die skakel vir die videoreeks is beskikbaar teen R350 per pakket (+ afleweringskoste) en kan bestel word deur ‘n epos na sainfo@reviveourhearts.co.za te stuur.

Ons sien uit daarna om saam met jou oor vrouwees te kuier!

Indien jy reeds die handleiding met video’s aangekoop het, sleutel jou wagwoord in om toegang tot die video’s te kry.