icon-newsletter

Tydens hierde jare 

 

Om genoeg tyd te hê om met God te spandeer, kan soms moeilik wees, veral vir mammas met klein kindertjies. 

‘n Wyse vrou het hierdie raad gegee na aanleiding van haar eie ervaring: “Onthou dat hierdie seisoen in jou lewe ook gaan verbygaan. Hoewel dit baie belangrik is om ons tyd met God te prioritiseer, kan jy nie noodwendig die tyd en plek beplan wat jy met God ‘n ontmoeting sal hê nie.”

Hierdie vrou het vir haarself belangrike Bybelverse op geplak soos op haar kaste, bokant die wasbak en self in haar kar. Dit het haar baie gehelp om hierdie teksverse gereeld te lees en te memoriseer.

Dit herinner ons aan God se gebooie en die riglyne in Deut 6: 8 & 9:”Bind dit aan jou hande vas as ‘n herinnering en dra dit op jou voorkop. Skryf dit op die deurkosyn van jou huis en teen jou stadspoorte.”

Wat kan jy prakties doen om jou fokus op die Woord te hou? Jy kan dalk soos die wyse vrou notas vir jouself opplak, maar wat ookal jy doen, hou jou oë op God gefokus.

Seëngroete van ROHSA