icon-newsletter

Die drie woorde

 

Daar is 3 woorde wat begin met die letter “P” wat ons beter kan laat verstaan wat ons dissosiasie met sonde inhou:

  • Eerstens is ons Posisie voor God veilig. Wanneer jy jou vertroue in Christus stel, vergewe Hy jou sonde en word jy regverdig verklaar.
  • Tweedens is daar die Potensiaal vir ‘n toekoms saam met God. Christus kom ons weer haal, en dan sal ons tot in ewigheid saam met Hom lewe sonder sonde.
  • Laastens is daar die Praktiese toepassing van ons geloof. Ongelukkig is ons nie altyd in die regte posisie voor God nie, en is ons keuses ook nie in lyn met ons potensiale toekoms met God nie. Dit is waarom ons voordurend die Woord van God nodig het.

Jesus het in Joh17:17 vir sy dissipels gebid deur te sê: “Heilig hulle in U waarheid, U Woord is die waarheid”. Ons deel in die proses van heiligmaking wanneer God ons deur Sy Woord leer en reinig. Hoe lyk jou Praktiese toepassing? Laat toe dat die waarheid uit God se Woord jou waarlik reinig.

Seëngroete van ROHSA