icon-newsletter

Tyd afgesonder 

 

Ironies genoeg, is dit soms vir ons makliker om met God te praat wanneer ons in die kerk is of saam met ander te bid by Bybelstudie. As deel van ‘n geloofsgemeenskap het ons hierdie tye nodig om saam met ander gelowiges te bid.

My dogter sê vir my: Mamma, om eerlik te wees, bid ek nie baie as ek alleen is nie, miskien is ek bang vir wat God my sal wys?

Daar is fasette van ons verhouding met God wat net in ‘n intieme en afgesonderde plek met Hom gekoester kan word.

In Eksodus 34 lees ons dat God Moses geroep het om Hom op die berg Sinai te ontmoet. God het gesê: “En hou jou gereed teen die môre, en klim in die môre op die berg Sinai en gaan staan by My op die top van die berg. Maar niemand mag saam met jou opklim nie” (vs. 2–3).

Maar weet jy, dit geld nie net vir Moses nie. Ons het ook tyd alleen met die Here nodig—in die Woord en in gebed. Wanneer laas het jy ongehinderd, kwaliteit tyd saam met God deurgebring en Hom toegelaat om jou hart te deursoek? Sal jy ‘n plan maak om alleen saam met Hom weg te kom?

Seëngroete van ROHSA