icon-newsletter

Leë woorde 

 

Wanneer jy vandag by ‘n Christelike boekwinkel instap, sal jy in alle waarskynlik sommer maklik ‘n moderne voorbeeld vind van ‘n probleem wat Esegiël aangespreek het. Die profeet het gesê: “Julle het goddelose mense aangemoedig om hulle nie van hulle verkeerde lewe te bekeer en so hulle lewens te behou nie.” (Esegiël 13:22).

Ongelukkig dink ek dat baie van vandag se Christelike skrywers, sprekers en beraders “die hande van die goddeloses versterk” deur vir mense te sê dat hulle nie nodig het om hulle van sonde te bekeer nie. 

Hulle bedoel nie om mense te mislei nie, maar hulle leringe regverdig byvoorbeeld woede. . .Hulle së dinge soos: Eintlik is dit gesond om jou emosies so uit te druk, al is dit hoe negatief; en jy het die volste reg om so op te tree – jy is eerstens deur ander gewond.

Ons moet onsself voortdurend afvra: Wat is die boodskap hier? Wat sê die Bybel? Onthou jy wat Paulus in Efesiërs 5:6 gesê het? “Laat niemand julle met ydel woorde verlei nie, want daardeur kom die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid.” Ons moet ‘n punt daarvan maak om seker te maak dat dit wat ons lees in lyn is met God se Woord. 

Seëngroete van ROHSA