icon-newsletter

‘n Groef

 

Elke oggend wanneer die dag breek staan ek op, kry my tee en lees my Bybel op die agterstoep. Ek doen dit al jare so! Maar die afgelope tyd doen ek dit nie meer met  vreugde nie. Dis nie meer vir my lekker soos voorheen nie, en ek het ook nie meer daardie intieme konneksie met God nie.

Soms kan ons in ‘n groef beland wanneer ons dinge op dieselfde manier bly doen. Dit gebeur maklik wanneer mens te gemaklik raak met die roetine, dat ons die betekenis en doel daar agter verloor.

Ek beveel wel aan om ‘n gereelde Bybelleesplan te gebruik. Maar af en toe, wanneer ek ‘n bietjie varsheid in my stiltetyd nodig het, breek ek ‘n paar dae weg van my normale Bybelleesskedule. Dan neem ek eenvoudig net ‘n paar verse om op te fokus en dan mediteer ek net oor hulle.

Psalm 77:12: ‘Ek sal die Here se dade onthou, ja, ek wil u wonders van vroeër onthou. Ek sal oor al u werke mymerend prewel, oor u handelinge wil ek nadink:’ Die laaste paar dae het ek by hierdie vers stilgestaan, en net nagedink oor al die wonderlike dinge wat God gedoen het. Dit was eenvoudig wonderlik!

Seëngroete van ROHSA