icon-newsletter

Slaap in vrede 

Soveel mense probeer om die dag vroeg te begin met God se Woord en in gebed, maar hoeveel van ons voel so moeg dat ons eintlik net onsin brabbel?

Daar is egter ‘n maklike oplossing hiervoor – klim vroeër in die bed! Dit mag dalk beteken dat jy jou kinders se aandroetine vroeer moet begin, jou sosiale lewe bietjie moet inperk of die tv vroeër moet afskakel – maar dit is alles die moeite werd.

‘n Ander manier om jou vir jou oggend ontmoeting met God voor te berei, is om in die aand voor jy gaan slaap, God se Woord te oordink – om jou gedagtes vol te maak met God en Sy Woord.

Dawid het moontlik die woorde van Psalm 4:4 gebid voor hy gaan slaap het: “As jy ontsteld raak, moenie sondig nie; dink in stilte daaroor na as jy gaan lê, en laat dit daarby!”

Hy gaan verder deur in vers 9 te sê: “Nou sal ek onbesorg gaan lê en dadelik aan die slaap raak, want, Here, U alleen laat my veilig woon.”

Probeer gerus vanaand voor jy gaan slaap, aan jou gunsteling Skrifgedeelte dink, en kyk watter effek dit more oggend op jou stiltetyd met God het.

 

Seëngroete van ROHSA