icon-newsletter

Dit gaan oor Hom

Het jy ook al jouself betrap dat jy sekere aanbiddingsleiers by die kerk bo ander verkies, dalk voel jy nie eers lus om saam te sing as jou gunsteling liedjies nie gesing word nie.

Elkeen van ons het ons eie persoonlike voorkeure as dit by aanbidding kom. Maar het jy al daaraan gedink dat die doel van aanbidding is om God te vereer en dat dit nie oor ons self gaan nie?

In Exodus 30 het God vir Moses die resep gegee om spesiale olie vir die tempel te maak. Daarna het God in vers 31 gesê: “Sê ook vir die Israeliete: ‘Hierdie olie sal altyd my heilige olie wees. Dit mag nooit vir enige ander mens gebruik word nie. Julle mag ook nie daarvan vir julleself gebruik nie. Dit is heilig en moet altyd as heilig beskou word. “‘Enigeen wat net so ’n mengsel maak of daarvan aan iemand sit wat nie ’n priester is nie, sal uit die gemeenskap verwyder word.’”

Om lofprysing en aanbidding te gebruik vir ons eie gewin, is dieselfde as die Israeliete wat die heilige olie vir die verkeerde doel gebruik het.

Ware aanbidding sal baie seëninge in ons lewens teweeg bring. Maar onthou, dat die eintlike doel van aanbidding is om God te verheerlik.

 

Seëngroete van ROHSA