icon-newsletter

Oorgegooi

Die mense het in Jeremia se tyd volgens hom ‘n redelik maklike lewe gelei. Jeremia het geskryf: “Moab sit van sy jeug af rustig, so ongestoord soos wyn op sy afsaksel, wyn wat nie van een kruik in ‘n ander oorgegooi is nie. Hy is nooit in ballingskap weggevoer nie; sy smaak het dieselfde gebly, sy geur het nie verander nie” (Jeremia 48:11)

In daardie dae het die proses om wyn te maak beteken om sap vir ‘n paar weke in ‘n wynvel te bêre terwyl die bitter slyk, of sediment, na die bodem afgesak het. Dan is die sap in ‘n ander wynvel oor gegooi om die slyk te skei. Die proses is herhaal totdat al die onsuiwerhede wat sleg smaak, verwyder is. Jeremia het die selfvoldane mense om hom vergelyk met wyn wat te lank in die vel gebly het.

Beproewing en lyding is God se manier om ons van een situasie na ‘n ander oor te gooi sodat die slyk van eie geregtigheid en sonde verwyder kan word, totdat dit net Sy lieflike Gees is wat in ons oorbly. Aanvaar jy die proses waardeur God jou help om meer soos Christus te word?

Seëngroete van ROHSA