icon-newsletter

Deur engele omring

 

Toe ons kinders was, het ons oral in die buurt rond gespeel, ons moes net by die huis weer voordat die straatligte aangaan. Maar deesdae mag kinders nerens buite behalwe in hul eie agterplaas speel nie. Daar is net te veel skelm mense daar buite.

Ons moet wyse keuses maak en kinders veilig hou, maar ons moet versigtig wees om nie in konstante vrees te leef nie.

Psalm 34:8 sê: “Die Engel van die Here slaan sy laer op rondom dié wat die Here dien, en red hulle.” Dit laat my dink aan die verhaal van Elisa. Die Siriese weermag is ontplooi om hom te vang, maar hy was nie bang nie. Want sien, God het Elisa in staat gestel om die geestelike werklikheid te sien—die berg was vol perde en strydwaens van vuur.

Die gevare wat kinders vandag in die gesig staar, is werklik, net soos daardie vyandelike weermag. Maar ons kan in vrede lewe met die wete dat ‘n onsigbare menigte engele hulle omring. Die enigste manier waarop die kwaad by hulle kan uitkom, is deur God se toestemming. Die beste manier waarop ons hulle kan beskerm, is steeds deur ons gebede. “Moenie bang wees nie, want hulle wat by ons is, is meer as dié wat by hulle is.” 2 Konings 6:16

Seëngroete van ROHSA