icon-newsletter

Here, kom af 

 

Dink jy dis beter om God te vra om na ons te kyk vanuit Sy troonkamer of om na ons toe te kom?

In Jesaja 63 vra die profeet vir God “Kyk uit die hemel, uit u vorstelike, heilige en roemryke woning, en sien!” Jesaja 63:15 Hy vra God om die volk se sonde te sien.

Dan, in die volgende hoofstuk, verander hy sy versoek: “As U maar die hemel wou oopskeur en afdaal – die berge sal bewe van u teenwoordigheid.” (Jesaja 64:1) Jesaja vra God om meer direk betrokke te raak, om dinge aan te wakker, om die harte van mense te verander.

Dit is maklik om God te vra om af te kyk: “Here, waak asseblief oor ons. Hou ons asseblief veilig. Hou ons in U sorg.” Dit vra egter baie meer moed om God te vra om af te kom: “Here, oortuig ons asseblief van sonde. Onderbreek asseblief ons roetine en wys ons U planne. Help ons om lyding te omhels sodat ons meer soos U kan wees.”

Is ek en jy desperaat genoeg om te roep: “Here, skeur die hemel en kom af?”

Seëngroete van ROHSA