icon-newsletter

Net geraas te maak 

Hoeveel ouers ken nie die ou-ou stryd om kinders in die aand rustig te kry voor slaaptyd nie, en dan probeer ons ook om ń Bybelstorie tussen deur gelees te kry. Ons wil ons kinders graag meer van God en die Bybel leer, maar soms is dit met so ń gestoei en bakleiery om almal stil en rustig te kry dat ons die punt heeltemal mis.

Die apostel Paulus sê in die bekende 1 Korintiers 13: Miskien sal ek die tale van mense en van engele kan praat, maar as ek nie lief is vir God en vir ander mense nie, dan is ek soos ‘n klok of soos ‘n simbaal wat net ‘n geraas maak.
As ek God se boodskap wil oordra, maar dit nie met geduld en liefde doen nie, dan is ek net soos ń simbaal wat raas.

Is jy besig om ander te dien met ń hart gevul met geduld en liefde? Vra gerus vir God om jou met Sy liefde vol te maak, sodat Sy liefde deur jou sigbaar kan wees vir ander.

Seëngroete van ROHSA