icon-newsletter

God se doel 

Dit voel soms vir my sodra ek in een aspek my sonde belei, maak God my dadelik weer bewus van ‘n ander sondige area. Op ‘n manier is ek dankbaar daaroor, maar dis nogal moeilik om deurentyd gefokus te bly om rein en heilig te wees.
Daar is baie goeie redes waarom ons heiligheid moet nastreef. Die belangrikste een is sekerlik omdat dit God se hoof doel vir ons is, Hy het vir ons die heilige ewigheid saam met Hom in gedagte. Hy het nie vir ons aan die kruis gesterf net om ons aardse bestaan te help nie.Hy is heilig, daarom wil hy ons heilig maak.
1Johannes 3:2 Geliefdes, ons is nou reeds kinders van God. Dit is nog nie geopenbaar wat ons sal wees nie, maar ons weet dat, wanneer Jesus kom, ons soos Hy sal wees. Ons sal Hom sien soos Hy werklik is. Elkeen wat hierdie verwagting in verband met Hom koester, hou homself rein soos Jesus rein is.
Lewe jy met hierdie onweerlegbare doel in jou lewe? Kom ons werk saam met God met die oog op die ewigheid.

Seëngroete van ROHSA