icon-newsletter

‘n Rekord van getrouheid

 

‘n Vriend vertel my dat sy ma tydens sy grootword jare, ‘n joernaal bygehou het van alles wat God vir haar gedoen het. Elke keer wat God een van hulle gebede beantwoord het, het sy dit neergeskryf. Sy afskrif van hierdie joernaal is vir hom nou van onskatbare waarde!

Dit herinner my aan wat Moses gedoen het terwyl die kinders van Israel 40 jaar in die wildernis spandeer het. Numeri 33:2 “Volgens die bevel van die Here het Moses die plekke opgeskrywe van waar hulle van plek tot plek verder getrek het.”

Ek dink God het Moses beveel om daardie rekord te hou sodat die Israeliete kon onthou wat hulle alles met hulle gebeur het, en wat hulle daaruit geleer het. Ek dink ook dit is sodat hulle kinders en ons ook uit daardie selfde lesse kan leer.

In Romeine 15:4 lees “Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees.”

Hoe gaan ons kinders en ons nageslag weet wat God vir ons gedoen het as ek en jy hulle nie vertel nie? 

Seëngroete van ROHSA