icon-newsletter

Die professioneles

 

Jy kan deesdae professionele mense huur om amper enigiets vir jou te doen, van rekenaars herstel tot om jou gras te sny. Ons het veral geleer om ons emosionele probleme na kenners toe te vat, sodat professionele mense en medikasie ons kan help om die probleme te oorkom.

Daar is verseker ‘n plek vir sielkundiges en terapeute, solank hulle berading op God se Woord gebasseer is. Onthou egter ook hierdie woorde wat ons Jakobus 5:13-16 kry “As daar iemand onder julle is wat swaar kry, moet hy bid. …As daar iemand van julle is wat siek is, moet hy die ouderlinge van die gemeente laat kom, en hulle moet vir hom bid ….Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar, sodat julle gesond kan word.”

Jakobus sê dat jy moet toelaat dat die liggaam van Christus jou bedien wanneer jy seer het of swaarkry. Vra hulle om vir jou te bid. Bely enige sonde wat vir jou emosionele swakheid of siekte kan veroorsaak, en kies om verantwoordbaar teenoor ander gelowiges te wees.

Seëngroete van ROHSA