icon-newsletter

Die snoeiskêr 

 

Wanneer ek ‘n tuinier sien wat sy plante snoei, lyk dit altyd vir my so radikaal. Vir ‘n kort rukkie is die plante minder aantreklik as wat hulle voor die proses was. Maar ons vertrou dat die snoeiproses uiteindelik sal sorg dat die plante voller, gesonder en mooier is as voor die tyd.

Jesus vergelyk die snoeiproses met sommige van die probleme wat ons in ons lewens sal teekom. Hy sê in Johannes 15:1-2 “ Ek is die wingerdstok en my Vader is die boer. Elke loot aan my wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra.”

As ons wil vrug dra, moet ons bereid wees om God se teregwysende hand in ons lewens te aanvaar. Maar as ons probeer weghardloop, of dit vermy, sal ons soos droë verskrompelde takke op eindig.

Wil jy hê dat God se volheid en skoonheid in jou lewe gesien moet word? Verwelkom dan die Meester Tuinier se planne vir jou lewe – self al behels daardie planne ‘n snoeisker.

Seëngroete van ROHSA