icon-newsletter

Skiet gebedjies 

 

Ek het tot die slotsom gekom dat een van die dodelikste vyande van ‘n effektiewe toegewyde lewe aan God, ‘n gejaagde houding is. Byvoorbeeld om oggend na oggend, tussen die kinders se geroep deur oppad skooltoe, gou vir God te vra om almal tog asseblief veilig te hou – skietgebedjies sonder enige stilword tyd saam met Hom. Spreuke 19:2 “en wie oorhaastig met sy voete is, trap mis.”

Ek onthou hoe ek jare gelede gehoor het, Henry Blackaby verduidelik hoe hy soggens gejaagd gevoel het wanneer hy wakker geword het om te bid en die Bybel te lees. God het hieroor met hom gepraat en so hy het ‘n halfuur vroeër begin opstaan. Maar hy het steeds gejaagd gevoel, daarom het hy nog vroeër begin opstaan.

Dr. Blackaby het gesê: “Ek het die wekker se tyd soggens aanhou terug skuif totdat ek geweet het dat ek God kan ontmoet vir solank as wat Hy my wil ontmoet, sonder om gejaagd te wees.”

Voel jy gejaagd wanneer jy God ontmoet? Wat sal dit jou verg om môreoggend met God te ontmoet so lank as wat Hy wou?

Seëngroete van ROHSA