icon-newsletter

Meer kwesbaar 

 

Op verskeie plekke in die Bybel lees ons hoeveel waarde God heg aan ‘n nederige hart.

Wanneer ons in leiersposisies is of in ‘n situasie waar ander mense na ons opkyk, is dit baie maklik om trots en selfs verwaand te word. 

‘n Bekende sakeman vertel dat hy ‘n gesiene man in sy gemeenskap was, ‘n leier in sy kerk en dat hy ‘n model familie gehad het. So baie mense het na hom opgekyk as gevolg van sy status, en hy het gedink hy het niks verder nodig nie. Hy het egter besef dat sy trots veroorsaak het dat hy sy nederigheid verloor het en hy moes dit voor God belei.

Wanneer ons in ‘n posisie van aansien of leierskap is, het ons ‘n reputasie om na om te sien, en dit kan so maklik veroorsaak dat ons hoogmoedig is, en nie eerlik is oor ons geestelike behoeftes en tekortkominge nie. Maar God kan alles verander. Lees Jak 4:10: “Val voor die Here neer en wys dat julle van Hom afhanklik is, en Hy sal julle optel en aan julle aansien gee.”

Is jy ‘n voorbeeld van nederigheid vir die mense wat na jou opkyk?

Seëngroete van ROHSA