icon-newsletter

Vyftien dade

 

Liefde het baie meer met dade as met gevoelens te doen. Die bekende stuk oor die liefde in 1 Kor 13 leer ons 15 eienskappe van liefde, en elkeen van hulle is ‘n aktiewe daad. 

Paulus begin byvoorbeeld deur te sê “Liefde is geduldig”. Hy sê nie liefde voel geduldig nie, maar liefde vra dat ons geduld met iemand moet toepas.

“Liefde is vriendelik”. Dit beteken ons het nie net emosies van vriendelikheid nie, maar dat ons vriendelik optree.

Wanneer ons die hele hoofstuk van 1 Kor 13 lees, sal ons sien dat liefde oorgaan in dade, ongeag van hoe ons op daardie oomblik voel. Dit is egter belangrik om te onthou dat dit nie ons liefde is waarvan ons hier praat nie, maar God se liefde wat deur ons tot dade oorgaan.

Vra gerus vir God om jou te help met jou dade vandag – om met geduld en vriendelikheid op te tree, al is dit nie noodwendig hoe jy voel nie.

Seëngroete van ROHSA