icon-newsletter

Dade wat opbou 

 

In Spreuke 14:1 lees ons: “ ‘n Verstandige vrou bevorder die belange van haar huis. ‘n Dwase vrou is self verantwoordelik vir die agteruitgang van haar huis.” Wat is jy besig om met jou dade reg te kry – breek jy af of bou jy op? 

Hier is ‘n paar voorbeelde:

  • Is jou gedrag teenoor mans uitlokkend of gedra jy jou soos ‘n dame? Die riglyn hiervoor kom uit 1 Tess 4:3 “Dis God se wil dat julle aan Hom toegewy moet lewe. Weerhou julle van seksuele sondes”.
  • Hoe tree jy op teenoor mense in nood? Spreuke 31:20 “Haar hand is oop vir die armes. Sy is vrygewig teenoor behoeftiges.”
  • Laastens kan jy jouself afvra of jou huis ‘n plek is waar mense gekoester word en waar hulle God se boodskap hoor. 1 Petrus 4:9 stel dit so: “Ontvang mekaar in julle huise sonder om te kla”.

Jy besef dalk nie watter groot impak jou dade op ander se lewens maak nie. Ons is almal in die proses om te bou of af te breek, wat gaan jy vandag doen?

Seëngroete van ROHSA