icon-newsletter

Loof Hom te alle tye

 

Ek het vroeër so uitgesien na die aanbiddingstye by die kerk, ek het dit baie geniet. Maar nou, met al die gesukkel by my huis, is dit al waaraan ek kan dink; ek kan eerlikwaar dit nie regkry om God soos altyd te loof nie.

Soms moet ons eenvoudig net begin met die daad om God te loof, maak nie saak hoe ons voel of waardeur ons gaan nie.

God het Dawid belowe dat hy die volgende koning van Israel sou wees. Maar toe bevind Dawid homself in ‘n situasie waar hy jare lank in die woestyn weggekruip vir Saul. In daardie donker omstandighede het Dawid Psalm 34 geskryf. Vanaf vers 1”Van Dawid, toe hy hom voor Abimelek kranksinnig gehou het sodat Abimelek hom weggejaag het en hy gevlug het. Ek sal te alle tye die Here loof. Sy lof sal altyd op my lippe wees. Ek sal net in die Here roem. Die nederiges sal dit hoor en bly wees. Kom verheerlik die Here saam met my; laat ons saam sy Naam prys.”

Lofprysing is nie ‘n reaksie op ons omstandighede, wat voortdurend verander nie. Lofprysing is ‘n reaksie op die goedheid van God wat nooit verander nie.

Seëngroete van ROHSA