icon-newsletter

Is God genoeg?

 

Glo jy dat God vir jou genoeg is? Regtig genoeg en tot jou volle satisfaksie? 

Wanneer dinge vir jou te erg raak, waarop val jy terug? Die versoeking waarvoor ons almal te staan kom, is om die leegheid in ons harte met iets te probeer vul – dit kan kos, sport, oefen, kuier, inkopies, rekenaar speletjies, ‘n stokperdjie of enige ander aktiwiteit wees.

Romeine 8:32 vertaal in die Boodskap so: “God gee so baie vir ons om dat Hy nie eens sy eie Seun se lewe gespaar het nie. God het Hom in ons plek laat doodgaan. As Hy bereid was om so ver vir ons te gaan, sal Hy mos enigiets vir ons doen.”

Kan jy sien dat God daardie leemte in jou hart wil vul? Hy is baie ernstig daaroor. Wanneer jy weer daardie kwesbaarheid of druk ervaar, sal jy vir God die geleentheid gee om dit vir jou te vul?

Seëngroete van ROHSA