icon-newsletter

Jy is nie God nie 

 

Een van die maniere om situasies wat ons seergemaak het te verwerk, is om ‘n lys te maak van dit wat ons seergemaak het, en dan langs elkeen ook te skryf hoe ons opgetree het, wat ons gesê en gedoen het toe ons seergekry het. Om dit so op skrif te sit kan ons dan sien waar ons verkeerd reageer het en kan ons daarvoor vergifnis vra.

Dit kan nogal vreemd klink,maar ons is nie verantwoordelik vir hoe ander mense optree nie; ons is net verantwoordelik vir hoe ons teenoor hulle optree.
Wanneer ons om vergifnis gevra het vir ons verkeerde reaksies, kan ons weer na die lys kyk en opreg bid: “Vader, deur U genade kies ek om te vergewe. Ek kies om nie hierdie ander persoon se sonde verder teen hulle te hou nie.”
Mattheus 6:14 bevestig dit “Want as julle die mense hulle ootredinge vergewe sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.”

Het jy al so ‘n seer en bitterheid met jou saamgedra wat jy moet aanspreek? Deur verantwoorlikheid te aanvaar vir jou reaksies en die ander persoon vry te spreek van hulle foute, kan jy ook waarlike vryheid ervaar.

Seëngroete van ROHSA