icon-newsletter

Die Gees sê 

Ek glo elkeen van ons ervaar die daaglikse tweestryd tussen die Gees en ons vlees.
Die Gees sê vergewe, ons vlees sê nee, nie nou nie.
Die Gees sê eet verantwoordelik, die vlees sê eet soveel jy wil, wanneer jy wil.
Die Gees sê gee hierdie geld vir iemand in nood, die vlees sê nee daar iets moois wat ek myself lankal mee wou bederf.
Die Gees sê spandeer hierdie tyd in die Woord, die vlees sê dit was ‘n moeilike dag, ontspan eerder die aandjie voor die tv.
Die Gees sê tel jou woorde, die vlees sê nou gaan jy my hoor!

Wanneer ons besluit om aan die vlees toe te gee, kan ons toelaat dat sonde oor ons heers. Maar elke keer wat ons ja sê vir die Gees van God, gee ons Hom groter beheer oor ons lewens.

Johannes 15:5 Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.

Seëngroete van ROHSA