icon-newsletter

Ingeskakel

 

Voel jy ook soms of jy jouself net van almal, ingesluit die kerk, wil ontttrek. Weg van alles en almal sodat dit eerder net jy en God kan wees. Die vraag is of jy ‘n verhouding met God kan hê, sonder dat enige ander mense betrokke is. 

Sien dit so: dit sal nogal dom wees om alleen in die aand te gaan stap, veral as ek in ‘n gevaarlike buurt moet loop. Maar dit sal ‘n hele ander storie wees as ek ‘n paar sterk, groot manne saam met my het.

Dit is presies dieselfde met ons geloofslewe. In ons soeke en strewe na heiligmaking, is daar baie slaggate en versoekings op ons pad. Ons self is maar swak en het baie tekortkominge. Maar God sit mense in ons lewens wat ons kan beskerm en ons help om te groei. Wanneer ons onsself van die kerk en ander gelowiges distansieer, maak ons onsself kwesbaar en sonder die spreekwoordelike sterk manne om ons te help.

Hebreërs 10: 24 & 25: “ Laat ons voortdurend aandag gee aan mekaar – oor hoe ons mekaar kan aanspoor tot liefde en goeie dade. En laat ons tog nie – soos party gemeentelede die gewoonte het – versuim om die gemeentebyeenkomste by te woon nie. Kom ons moedig mekaar aan, nog meer omdat ons sien dat die dag van Christus se koms al hoe nader kom.”

Maak seker dat jy aan God se gemeenskap en Sy kerk verbind bly terwyl jy geestelik groei en streef na heiligheid. 

Seëngroete van ROHSA