icon-newsletter

Ons kan gehoorsaam wees

 

Is jy ook geneig om uitsonderings te maak met God se gebooie? Maak jy stellings soos “ek vergewe maklik maar vir Sannie sal ek nooit kan vergewe nie” of “ek is ‘n baie geduldig mens, maar nie met my kinders nie, hulle moet nie met my karring nie!”

Uit ‘n menslike oogpunt is dit moeilik om te verstaan, maar wanneer God ons gebooie gee om te gehoorsaam, dan gee Hy ons ook die genade om dit te kan gehoorsaam. Dit beteken dat ons die vermoë het om almal te kan vergewe, ons kan moeilike mense liefhê, ons kan altyd dankbaar wees en ons kan tevrede wees in alle omstandighede.

Die probleem is dat ons kies om ongehoorsaam te wees, want ons wil ons sin hê. As daar vandag vir jou ‘n moeilike situasie voorlê, vra God om jou krag en jou helper te wees. Hoor hierdie wonderlike belofte in 1 Tess 5:23 & 24 : “Mag die God van vrede julle volkome aan Hom toewy. Ja, mag God julle so bewaar dat julle na gees, siel en liggaam volkome vlekkeloos sal wees wanneer ons Here Jesus Christus terugkom. Hy wat julle roep, is getrou. Hy sál dit doen!”

Seëngroete van ROHSA