icon-newsletter

Die onafwendbare 

 

Het jy ook al soos ‘n robot-Christen gevoel. Jy weet, jy lyk soos ‘n Christen, maar in werklikheid het jy God heeltemal uit jou lewe uitgesluit. Ek weet dat dit alles begin met ‘n paar seerkry wonde wat mens net nie wil hanteer of uitsorteer nie, vir watter rede ookal.

Ons is almal al deur ander mense verwond. Hartseer en pyn is onvermydelik. Natuurlik beïnvloed daardie seer ons lewens, maar hulle het in der waarheid geen krag om te beheer wie ons word nie. Die uitkoms van ons lewens word bepaal deur ons eie keuses en reaksie op seerkry.

Wanneer jy gewond is, kan jy reageer soos ‘n skuldinvorderaar—om die ander persoon in ‘n soort tronk toegesluit te probeer hou. Die probleem is dat jy dan self in gevangeniskap beland. Of, jy kan kies om te vergewe. Vergifnis deur God se genade, sal jou vrymaak van seerkry se bitterheid, hartseer en woede. Psalm 147:3 Hy genees die gebrokenes van hart en verbind hulle wonde.

Is dit vir jou vandag nodig om te kies om met die proses van vergifnis te begin?

Seëngroete van ROHSA