icon-newsletter

Geen mens of ding nie 

 

Ons is van nature so geneig om ons behoeftes te probeer bevredig deur ons hoop op mense of omstandighede te plaas. Ongelukkig is dit waar ons gewoonlik teleurgestel word as dinge nie uitwerk soos ons gehoop het dit sou nie.

Dit is nogal ‘n bevrydende oomblik wanneer ons besef dat ons begeertes nie deur enige mens of ding nie bevredig kan word nie. Dinge brand en breek, word gesteel of raak verlore. Mense trek weg, verander of sterf.

Maar Psalm 16:1 verduidelik dat ons ware vervulling kan ervaar in die vreugde van God se teenwoordigheid. “U wys vir my die lewenspad; in U teenwoordigheid is vreugde, en aan U regterhand is daar blydskap vir altyd.”

God gaan dalk nie al ons behoeftes vervul soos en wanneer ons dit wou gehad het nie, maar ons sal wel satisfaksie en bevrediging ervaar wanneer ons Hom ken.

Is jy besig om jou hoop op iemand of iets anders te sit, eerder as om jou hoop op God te plaas om jou diepste hartsbegeertes te vervul?

Seëngroete van ROHSA