icon-newsletter

In God se hande 

 

My vriendin en haar man stel saam hulle begroting op, maar sy spog daarmee dat sy in ierder geval kry wat sy wil hê.

Dit mag dalk vir ‘n vrou soos ‘n riskante keuse voel om haar man se leiding te volg, maar dit behoort nie so te voel wanneer jy God werklik vertrou nie. Spreuke 21:1 “Die koning se hart is in die hand van die Here soos waterstrome: Hy lei dit waarheen Hy wil.”

God kan die keuses van konings, presidente en jou eie man rig. Wanneer ‘n vrou ophou om te probeer in beheer wees, en haar man se besluite respekteer, is sy in werklikheid besig om te verklaar: “Here, ek glo U is waarlik in beheer van ons lewens en dat U die situasie kan hanteer, daarom is ek veilig.”

Vertrou jy God genoeg om te berus onder die leierskap en outoriteit wat Hy in jou lewe geplaas het?

Seëngroete van ROHSA