icon-newsletter

Engele beskerm 

 

Ek het vandag by ‘n parkeerterrein uitgedraai en was so byna in ‘n kop-aan-kop botsing. Dit is ongelooflik hoe jy so ‘n groot ramp met ‘n paar sentimeter of in net ‘n kwessie van ‘n oomblik kan mis, of nie.

Dit is so maklik om deur die dag te gaan sonder om ooit te dink aan die geestelike realiteite agter die gebeure in ons lewens. Ons weet nie hoeveel keer engele betrokke is om ons veilig te hou nie, maar ons weet wel dat engele se beskerming ‘n werklik is.

Psalm 91 sê: “Hy sal sy engele oor jou opdrag gee om jou te beskerm op al jou paaie. Op die hande sal hulle jou dra, sodat jou voet nie teen ‘n klip stamp nie. (Vers 11-12).

Die veiligste plek waar ons kan wees, is in God se wil. Enige skade wat oor ons kom, moet deur Sy volmaakte wil gefiltreer word. Het jy vandag vir God gevra om jou en jou gesin veilig te hou? Dank jy Hom ook vir die engele wat jou beskerm?

Seëngroete van ROHSA