icon-newsletter

Een basiese beginsel

 

Nie een van ons weet wat more vir ons inhou nie. Jou motor breek dalk en die koste is baie meer as wat jy verwag het, of jou kind onthou net voor bedtyd van ‘n taak wat moet die volgende dag moet klaar wees, of jy kry ‘n onverwagse oproep van die hospitaal oor ‘n geliefde wat in ‘n ongeluk was.

Daar is een basiese beginsel wat gaan bepaal hoe jy op enigiets vandag gaan reageer: Wat jou doel is in die lewe. As jou doelwit is om gelukkig of aanvaar of geliefd te wees, dan gaan jy baie teespoed ervaar terwyl jy dit probeer regkry. 

Maar as jou basiese beginsel en doel is om vir God en Sy eer te leef, dan kan jy enigiets aanvaar wat as deel van Sy plan en doel oor jou pad kom. Jy sal die moeilike dinge kan trotseer met die wete dat God dit beplan het om jou meer soos Jesus te maak.

Kol 3:23-24 “Wat julle ookal doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie, omdat julle weet dat julle van die Here as beloning sal kry wat Hy belowe het.”

Het jy daardie probleem voor jou al uitsorteer met hierdie beginsel? Sal jy sê “ Vader, dit gaan nie oor my nie – dit gaan oor U. Al wat saak maak is dat U verheerlik word.”

Seëngroete van ROHSA