icon-newsletter

Een ding wat ek begeer 

 

As ek jou vra om een iets te noem wat jy graag wil he, wat sal dit wees? ‘n Mooi rooi Ferrari, ‘n ryk man of wat dalk van ‘n stywe bank balans?

Dit het gelyk of koning Dawid alles gehad het wat hy nodig gehad het – hy was gewild, het ‘n groot rykdom gehad, voorspoedig in sy heerskappy en hy het baie vriende gehad. Maar daar was een ding wat hy meer as enigiets anders begeer het.

Ons lees daarvan in Psalm 27:4 “Een ding het ek van die Here begeer, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die Here, om die lieflikheid van die Here te aanskou en te ondersoek in Sy tempel.”

Ten spyte van alles wat Dawid gehad het, was sy groot dryfkrag en begeerte om God te ken.

Kom ek daag jou uit om vir die volgende 30 dae elke dag tyd in gebed met God en in Sy Woord te spandeer. Soos jy nader groei aan die Een wat jou die liefste het,
sal jy ook vind dat jou tyd met God ‘n hoër prioriteit as enige van jou aardse begeertes sal word.

 

Seëngroete van ROHSA