icon-newsletter

Cindy se storie

 

Teen die tyd dat Cindy die Here leer ken het, was haar tieners se gedrag buite beheer, boonop was haar verhouding met haar man vol stampe en stote. Maar sy het baie braaf besluit om eerder op God se plan te fokus as op haar eie pyn. Sy het geglo God se wil is om haar as ‘n getuie en ‘n lig in haar familie te gebruik.

Dit was nie maklike tye nie- Cindy se man het hul dogter uit die huis geskop en hulle seuns is albei uit die weermag ontslaan en het tyd in die tronk deurgebring. Maar te midde van alles het sy haar fokus behou.

Dit sou soveel makliker wees om net weg te loop en iewers op een of ander eiland te gaan woon, maar sy het aanhou glo dat God haar gekies het om ‘n getuie te wees. Sy het bly sê: “Ja, Here, wat U ook al wil hê.” Sy het bly staan op God se Woord. Efesiers 2:10 “God het ons gemaak wat ons nou is: in Christus Jesus het Hy ons geskep om ons lewe te wy aan die goeie dade waarvoor Hy ons bestem het.”

God wil ook jou lewe as ‘n lig in ‘n moeilike situasie gebruik. Wat is jou antwoord: “Ja, Here”?

Seëngroete van ROHSA