icon-newsletter

‘n Leerbare gees

‘n Vriendin kla dat haar 14-jarige dogter dink sy so slim is, so slim dat sy net haar eie kop wil volg. Met haar slim houding het sy glad nie aandag gegee aan haar onderwysers se waarskuwings dat sy besig is om te druip nie.
Die eerste stap vir elkeen van ons wat iets moet leer, is om te erken dat ons nie alles weet nie. Ongelukkig kan ons ook so ‘n houding teenoor God se Woord hê.

Psalm 25:9 Mag Hy die nederiges op die regte weg lei, en vir dié wat beskeie is, sy pad leer.
God kan aan die mens Sy wyshede leer, wanneer ons besef hoeveel ons werklik nog moet leer.

Hier is ‘n vinnige oefening. Maak gou ‘n lysie van die onderwerpe waarvan jy niks weet nie. Dink nou bietjie aan die oneindige wysheid van God, wat alles weet. In ‘n oogwink het jy nou gesien hoe die skaal swaai. Mag dit my en jou aanspreek oor die gesindheid waarmee ons God se Woord benader.

Seëngroete van ROHSA