icon-newsletter

Daniël se gebed

 

Wanneer jy gereeld vir elkeen in jou familie en vriendekring en selfs vir elke sendeling wat jy ken bid, is daar nog iets anders waarvoor jy moet bid?

Ek dink Daniël gee vir ons ‘n goeie voorbeeld om te weet hoe om volgens God se wil te bid. Die volk Israel was in ballingskap. Terwyl hy die profetiese woord van Jeremia gelees het, het Daniël ontdek dat hulle gevangenskap sewentig jaar sou duur.

Daniël het toe spesifiek gebid vir die uitkoms wat reeds belowe is. Hy het gebid: “Draai u oor, my God, en hoor! Maak u oë oop en sien ons verwoeste plekke raak en ook die stad waaroor u Naam uitgeroep is! Want nie op grond van ons regverdige dade lê ons ons smeekbede voor u nie, maar op grond van u oorvloedige barmhartigheid. My Heer, hoor tog! My Heer, vergewe tog! My Heer, gee tog aandag en tree op! ” (Daniël 9:19).

Deur te bid dat God se geopenbaarde wil op aarde sal geskied, het Daniël homself in lyn gebring met die hart, die plan en die voornemens van God. Deur gebed het hy ‘n vennoot van God geword in die vervulling van daardie doelwitte.

Jy kan dieselfde doen. Wanneer jy nie weet waarvoor om te bid nie, probeer om deur spesifieke Skrifgedeeltes te bid. Vra God om jou hart in lyn te bring met dit wat Hy wil doen.

Seëngroete van ROHSA