icon-newsletter

Christus se voorbeeld

 

Wat dink jy van hierdie scenario: Jou seun het jou rot en kaal besteel, oor en oor vir jou gejok, sy kinders is verward en gebroke, en nou moet jy hulle nog groot maak ook omdat hy nou in die trok sit. Gaan iemand jou kan oortuig om hom te vergewe, terwyl jy sukkel om te oorleef as gevolg van sy slegte keuses?

Ek stem saam, wanneer die impak van anders se sonde so ‘n negatiewe invloed op mens se lewe het, blyk vergifnis totaal onmoontlik… totdat mens onthou wat die impak van jou eie sonde op Jesus gehad het.

Jesaja 53:5-6 “Hy is egter deurboor oor ons oortredings, verbrysel oor ons sondeskuld. Die straf wat ons vrede bewerk, was op hom, en deur sy wonde is daar vir ons genesing. Ons almal het soos kleinvee gedwaal, elkeen van ons het sy eie koers  ingeslaan; maar die Here het ons almal se sondeskuld op hom laat neerkom.

Miskien leef jy met die gevolge van ander mense se sonde. Miskien lyk en voel dit vir jou onmoontlik om te vergewe. Wil jy nie jou oë wegdraai van daardie situasie, en na jou eie lewe kyk om oor jou eie sonde te dink nie – jou sonde wat Jesus aan die kruis laat ly het?

Jy kan ander vergewe met dieselfde vergifnis wat jy van Hom ontvang het.

Seëngroete van ROHSA