icon-newsletter

Vrou…Deur God Geskep – R350

Hierdie studie is ideaal vir Bybelstudiegroepe, enige vrouekleingroepe of vrouebedieninge in gemeentes.

By Marisa Badenhorst vir ROH SA

Daar is soveel vals nabootsings en leuens oor vrouwees, maar God was baie intensioneel toe Hy my en jou as vrou geskep het. Daarom is dit nodig om dieper in die Woord te delf om God se mooi en unieke plan met ons vrouwees te ontdek. Vrou…deur God geskep is ‘n studie oor vrouwees, bestaande uit 15 videosessies en ‘n gepaardgaande studiehandleiding.

Hierdie studie, wat aan die einde van Januarie 2022 beskikbaar sal wees, is ideaal vir Bybelstudiegroepe, enige vrouekleingroepe of vrouebedieninge in gemeentes.