icon-newsletter

Ware beskerming 

 

Toe my dogtertjie gebore is, het ek gesê: “Here, hierdie kind behoort aan U”. Nou maak my dogter gereed om halfpad om die wêreld as sendeling te gaan werk. Ek betrap myself kort-kort dat ek onsettend bekommerd is oor haar veiligheid.

Dit is maklik om te sê dat ons onsself of ons kinders aan die Here oorgee, maar dit kan baie moeiliker wees om dit in die werklikheid deur te voer.

Daar is geen veiliger plek as in die middel van God se wil nie. Psalm 91 vertel ons van God se wonderlike beskerming. Dit sê in vers 4: “Met sy vlerke sal Hy jou bedek, onder sy vleuels sal jy skuiling vind. ‘n Skild en ‘n skans is sy trou.” 

God belowe nie dat ons en ons kinders nooit gevaar in die gesig gaan staar nie, maar Hy belowe om ‘n toevlug te bied vir diegene wat Hom liefhet en om hulle te bewaar.

Seëngroete van ROHSA