icon-newsletter

Kitskos gebede

 

Vir byna twaalf jaar het Nancy voltyds gereis, die hele jaar deur. Gedurende daardie tyd het sy op kitskos oorleef.  Maar toe sy dertig geword het, het haar liggaam die gevolge van jare se gemorskos begin voel – dit het gesmeek vir ‘n meer voedsame en gebalanseerde dieet.  In baie van ons se lewens is en was dit al die geval, en dan moet jy ‘n paar drastiese keuses maak om veranderinge te bring.

Ek is verleë om te erken dat daar ook al tye was wat ek in die gewoonte van geestelike kitskos verval het. Doen jy dit – gryp na ‘n vinnige versie hier, sê ‘n kort gebedjie daar, nou en dan darem by die kerk inloer? Die probleem is, daardie tipe toewyding laat ons altyd geestelik ondervoed.

Psalm 81:16 vertel vir ons wat gaan gebeur. “Mense wat nie van God hou nie, maar maak of hulle Hom liefhet, gaan baie spyt wees. Hulle sal in vernedering voor God moet kom kruip. God sal hulle vir altyd laat betaal. Met God se kinders sal dit anders wees. Vir julle sal Hy die heel beste gee, die lekkerste kos wat jy jou kan voorstel.”

Moet jy met ‘n stadiger spoed lewe en toelaat dat God jou honger hart kan versadig?

Seëngroete van ROHSA