Is dit nie verskriklik wanneer iemand ontmoedig word om Christus te volg as gevolg van iets wat hulle in my of jou lewe gesien het nie?
Ek en jy het al gehoor hoe daar gepraat word: “daardie ou beweer dat hy ‘n Christen is, maar hy is die gemeenste mens wat ek ken! As dit is hoe Christene is wil ek nooit een wees nie.” Genadiglik het ‘n ongelowige persoon ook al vir my vertel hoe hy tot bekering gekom het: ”God het iemand in my lewe gebring wat my die waarheid vertel het. Nog belangriker, hy het die Waarheid uitgeleef.”
Besef jy wat jou vriende en familie meer as enigiets anders van jou nodig het? Dit is nie jou vriendskap of jou goeie dade nie en ook nie al jou Bybelkennis nie. Hulle moet in jou ‘n weerkaatsing van God sien, sodat hulle deur jou lewe kan sien wie God werklik is.
Jesus het vir sy dissipels gebid en gesê: Heilig hulle deur die waarheid – u woorde is die waarheid. Net soos U My in die wêreld ingestuur het, so het Ek ook hulle in die wêreld ingestuur. En ter wille van hulle heilig Ek Myself, sodat hulle ook deur die waarheid geheilig kan wees.” Johannes 17:17-19
Jesus het die weg van heiligheid gekies ter wille van ons, sodat ons heilig gemaak kon word. Doen jy dieselfde?
Seëngroete van ROHSA