icon-newsletter

Praat die waarheid

 

Wees eerlik met jouself, is jy ‘n eerlike persoon? Probeer jy soms om jou woorde mooi te kies sodat jy iemand om die bos kan lei of beïndruk met ‘n bedrieglike storie?

  • Het jy al iemand by die werk gevra om vir jou uit te teken, sodat jy vroeg kan weg glip sonder dat iemand dit agterkom? 
  • Steek jy dit vir jou man weg wanneer jy die dag af was en die hele dag saam met jou vriendin inkopies gedoen het?

Hou jy ‘n vals beeld van jouself voor om ander mense te beindruk? Byvoorbeeld deur ‘n nuwe motor te koop al kan jy dit nie bekostig nie, net om by julle vriende te kan spog?

Is jy meer bekommerd oor wat mense van jou dink as wat God weet die waarheid is? Jok jy selfs blatant deur te vertel: “ek het vanoggend my Bybel gelees—ek doen dit omtrent ‘n uur per dag— dit was so ‘n betekenisvolle tyd.”.

Efesiërs 4:24 -25 “lewe as nuwe mense wat as die beeld van God geskep is: lewe volkome volgens die wil van God en wees heilig. Noudat julle die valsheid afgelê het, moet julle onder mekaar die waarheid praat, want ons is lede van dieselfde liggaam.”

Seëngroete van ROHSA