icon-newsletter

Swaarkry vir ons eie beswil

 

God kan ons swaarkry ten goede gebruik, om ons karakter te vorm om meer soos Jesus sin te wees.

Soms kry ons swaar, juis omdat God so lief is vir ons, en Hy besig is om deur Sy dissipline die sonde in ons lewe aan te spreek. Ander kere is dit omdat God met die snoeiskêr die dooie en onproduktiewe dele in ons lewens uitsny. En soms kry ons swaar omdat ons in hierdie gebroke wêreld lewe, waar die gevolge van sonde ons ook negatief beiinvloed.

Wat ook al die rede vir ons swaarkry en beproewing is, God kan dit gebruik om ons karakter te suiwer vir heiligheid in Hom.

Kan ek jou bemoedig met die belofte in Hebreers 12:10 “maar Hy tug ons tot ons beswil sodat ons in sy heiligheid mag deel”. Lees gerus self die hele gedeelte vanaf vers 4 vir die volle perspektief.

Moenie opgee nie, hou aan om God te volg in jou swaarkry. Aan die einde sal jy verbaas staan oor hoeveel jy gegroei het a.g.v. hierdie beproewing.

Seëngroete van ROHSA