icon-newsletter

Sterre in die woestyn

 

Daar is ‘n besonderse mooi wat mens net in die woestyn ervaar. In daardie absolute stilte, weg van enige stadsliggies, kan jy die skitterblink sterrehemel bewonder. Net soos daar in Psalm 8:4 staan “As ek opkyk na alles wat U in die hemelruim gemaak het, al die planete, die maan, melkwegstelsels en miljoene sterre, snak ek na my asem…”

Tog kan ons daaglikse bestaan ook soos ‘n woestyn voel. Dalk werk jy vir ‘n baie moeilike baas, dalk moet jy ‘n groot skuif maak, dalk sit jy met erge gesondheids probleme of ‘n finansiële krisis… Elkeen van hierdie uitdagings kan vir jou soos ‘n dorre woestyn situasie voel, maar daar is aspekte van God wat mens nie kan sien of beleef tensy jy in so ‘n woestyn is nie.

  • ‘n Woestyn hou baie gevare in, en dis waar ons leer dat God ons beskerming is.
  • ‘n Woestyn is ‘n gebied van absolute droogte, en dis waar ons ervaar hoe God vir ons sorg en voorsien.
  • ‘n Woestyn is ‘n plek van verlatenheid, en dis waar ons beleef hoe God werklik altyd met ons is.

Is jy in ’n woestyn? Lig jou kop en rig jou oë op, fokus bokant die horison van jou situasie, na die asemrowende hemelruim van God se uitspansel van Sy glorie en almag.

Seëngroete van ROHSA