icon-newsletter

Skaam en trots terselfdertyd?

 

Wanneer jy hoor hoe iemand ‘n gesprek oorheers, is dit redelik maklik om te dink dat daardie persoon arrogant is. Maar weet jy dat oormatige skaamheid ook ’n bewys van trots kan wees?

Nancy sê meeste mense neem aan dat sy ‘n ekstrovertiese persoon is. In der waarheid wanneer sy tussen ‘n groot groep mense is wie sy nie ken nie, is dit vir haar moeilik om gesprekke aan te knoop. Maar sy voel wanneer vrees of selfbewustheid haar daarvan weerhou om na ander mense uit te reik, is sy selfgesentreerd en daarom trots. Spreuke 29:25 “Die vrees vir mense word ‘n valstrik.”

Om ‘n gesprek te begin en belangstelling in ander te toon, kan ‘n uitdrukking van opregte liefde wees. Of ons dus ‘n introvert of ‘n ekstrovert is, ons kan almal op ons eie manier trots optree. Maar wanneer ons gevul is met God se krag en gemotiveer is deur liefde, sal ons in staat wees om uit te reik na ander, op ‘n manier wat hulle gewaardeerd laat voel.

Seëngroete van ROHSA