Martha Washington het baie uitdagings in die gesig gestaar as die vrou van Amerika se eerste president, maar sy het nie toegelaat dat haar omstandighede haar emosies beheer nie. Sy het hierdie woorde vir ‘n vriendin geskryf:
Ek is nog steeds vasberade om vrolik en gelukkig te wees maak nie saak wat die situasie is nie, want ek het ook uit ondervinding geleer dat die grootste deel van ons geluk of ellende, afhang van ons ingesteldheid en nie van ons omstandighede nie.
Koester jy saadjies van geluk of van ellende? Wanneer ons aan onsself oorgelaat word, kies ons gewoonlik ellende. Dit is waarom ons God se genade nodig het. Hy kan saadjies van tevredenheid en vreugde in ons harte plant wat enige moeilike situasie sal oorleef.
Die apostel Paulus het in Fillipense 4:11 gesê, “Ek het geleer om tevrede te wees met dit wat ek het.”
Ons kan dieselfde sê wanneer ons besef dat ‘n wyse, liefdevolle, soewereine God elke omstandigheid van ons lewens beheer.
Seëngroete van ROHSA