icon-newsletter

Sing in die droogte 

 

Het jy al so gevoel –  jy het geen begeerte om te bid of om na ander te luister wat allerhande stories en staaltjies van God vertel nie. Jou binneste voel afgestomp en dor, amper depressief.

Kan ek jou nog ’n vraag vra? “Wanneer het jy opgehou om vir God te sing, of na geestelike musiek te luister waar jy kan saam sing?” 

Psalm 63 ‘n Psalm van Dawid Vers 2 ”Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U soos in ‘n dor en droë land, ‘n land sonder water.”

Lofprysing kan vir jou genesing bring van die dorre ervaring. Koning Dawid vertel verder hoe hy te werk gaan om sy geestelike dors te les. Vers 4 “U troue liefde is meer werd as die lewe; daarom sal ek U prys. Ek sal U my lewe lank loof, my hande ophef om u Naam te prys. Soos elke keer wanneer ek u goeie gawes geniet, sal ek U altyd roem met jubelende mond.”

Dit mag dalk nou vir jou soos ‘n lawwe idee klink, maar kan ek jou uitdaag om dit te probeer? Andersins gaan jou hart aanhou hunker en dors na God, jy gaan aanhou om aan God te dink – op jou bed, peinsend in die nag, want jou gees weet dis na God wie jy smag om jou geestelike dors te les.

Seëngroete van ROHSA