icon-newsletter

Prioriteite 

 

Ons praat die afgelope tyd saam oor die belangrikheid van stiltetyd. Maar voel jy ook dat al stem jy saam dat dit belangrik is, die realiteit is dat jy net nie die tyd daarvoor het nie. Jy werk voldag, dan moet jy kinders oplaai, kosmaak, almal help en dan in die bed kry. Teen daardie tyd is jy absoluut gedaan. 

Wanneer ons ernstig is oor ons verhouding met God, moet ons alles in ons vermoë doen om op die mees belangrike te konsentreer. Ons moet onnodige klein jakalsies uit die pad kry. 

As engellopende het ek vir ‘n ruk lank die televisie aangeskakel wanneer ek by die huis kom, net om die stilte te verbreek. Na ‘n ruk het ek gelukkig besef dat ek kosbare tyd laat verlore gaan, want voor ek my kon kry het ek tot laat aand voor die kassie gesit.

Hebreërs 12:1 “kom ons stroop alles af wat ons spoed kan vertraag, veral die sonde wat so maklik ’n houvas op ’n mens kry.”

Is daar klein jakkalsies in jou skedule wat verhoed dat jou daaglikse stil word tyd saam met God, een van jou hoogste prioriteite is?

Seëngroete van ROHSA