icon-newsletter

Om vuur rond te dra

 

“Kan iemand vuur in sy skoot dra sonder dat sy klere verbrand? Of kan iemand op gloeiende kole loop sonder dat sy voete brandwonde kry? So is dit met hom wat by die vrou van sy naaste ingaan, elkeen wat haar aanraak sal nie ongestraf bly nie.” Hierdie waarskuwing lees ons in Spreuke 6:27-29 

Ek het die waarheid van hierdie woorde in die werklike lewe sien uitspeel, toe ek en ‘n paar vriende ‘n man ontmoet het wat in die middel van ‘n buite egtelike verhouding was.

Toe hy die aanvanklik by die ander vrou betrokke geraak het, het hy gedink hy kan dit enige tyd beeindig. Maar daardie dag wat ons ontmoet het, het hy vir ons vertel: “Waarop ek nie gereken het nie, is dat ek nie daaruit sou kon kom nie.”

Sonde het hierdie man geluk belowe, maar in plaas daarvan het dit hom ellende gebring. Sy denke was totaal verwronge en verdraai, hy was besig om sy gesin en sy werk te verloor. Maar ongelukkig was hy so geheg aan sy sonde, dat hy bereid was om met die verwoestende gevolge daarvan saam te leef.

Speel jy met vuur in een of ander verhouding? Ek belowe jou, jy sal jou vingers daarmee verbrand. Hardloop, kom weg voordat dit te laat is!

Seëngroete van ROHSA