icon-newsletter

Mense sal weet

 

Hoe kan ongelowiges sien dat God se kinders ernstig is oor hulle geloof? Wat trek die wêreld daar buite se aandag?

Lê die antwoord in ‘n moderne tv program vir kinders, met helder kleure en vrolike liedjies? Of meer heedendaagse musiek vir ons eie generasie? “Nee wag, ‘n ordentlike bemarkings strategie deur die kerk, ons het mos ‘n wonderlike produk om te bemark… ja dis die probleem, die wêreld daarbuite is nie bewus van ons produk nie.”

Weet jy, Jesus het nooit gesê die wêreld sal oplet wanneer daar neon ligte in die kerk, of groot advertertensie borde langs die snelweg is nie. Hy het ook nooit gepraat van die hoeveelheid kampusse vir die gemeente, of van die fantastiese web-werf of die uitgebreide jeug program nie.

Jesus het gesê ‘n nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefhê. Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het (Johannes 13:34-35)

Is jou eie of jou gemeente se fokus op strategië, programme en bemarking? Of is dit gefokus op Liefde?

Seëngroete van ROHSA